Polisie wil talle skelms voor Kersfees uitsnuffel

02 December 2016   l   Andries van der Heyde

download


o_1b2v14mbtgcb1jlh117pi5t4sa4a

Foto ter illustrasie.

Die polisie in Limpopo is in aanloop tot die feesseisoen besig om klopjagte uit te voer om misdadigers aan die pen te laat ry. 

Gesamentlike klopjagte is verlede week suksesvol deur lede van verskillende polisie-eenhede op Grob-lersdal, Makhado, Mahwelereng, Bela-Bela, Polokwane, Seshego, Musina, Giyani, Tzaneen en Tubatse uitgevoer, het lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoord-voerder, aan Die Pos gesê.

Die jongste klopjag is deur lede van die misdaadintelligensie-eenheid, speurtakke, misdaad-voorkomingseenheid, provinsiale spoorsnyeenheid, die geweld-, kinderbeskerming- en seksuele mis-drywe-eenheid, asook die taktiese reaksie-eenheid uitgevoer.

Altesame 68 verdagtes tussen die ouderdom van 19 en 47 is tydens die klopjagte in hegtenis geneem. Die verdagtes is onder meer aangekla van gewapende roof, voertuigkaping, huis-braak, diefstal, die besit van ongelisensieerde vuurwa-pens en die besit van dagga.

Ngoepe het gesê daar is beslag gelê op agt vuurwapens, vyf stukke ammunisie, drie voertuie, 15 selfone, bankkaarte, kontant, 101 kg koperkabels, ’n kitsbank, asook 6,18 kg dagga.

“Hierdie soort klopjagte sal dwarsdeur die feesseisoen duur en aanhou tot in die nuwe jaar. Inwoners moet aanhou om wenke oor verdagte optredes aan die polisie deur te gee,” het Ngoepe gesê. Die verdagtes sal in hul onderskeie distrikte in die hofwe verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *