Weerlig laat Modimolle in die duister


download

Weerlig laat Modimolle in die duister

09 December 2016   l   Ronél van Jaarsveld

o_1b3fbadjm2sl1jv5rc41ifjb762a

Munisipale werkers het die kers aan albei kante gebrand tydens die afgelope week se kragonderbrekings. Spanne van die elektriese afdeling het tot laat aan die foute op die kabels gewerk.


Die afgelope week het uitdagings vir inwo-ners van Modimolle én die munisipaliteit ingehou nadat weerlig en bome amok gemaak het met die dorp se kragnetwerk. 

Kragonderbrekings het ook ’n invloed op die voorsiening van water gehad.

’n Transformator wat op Sondag, 27 No-vember, by Magalies Water se Klipdrift-aanleg geblaas het, het ’n kragonderbreking daar tot gevolg gehad en geen water is na die dorpe wat op die pyplyn is gepomp nie, het die munisipaliteit gesê.

Weerlig wat tydens donderstorms die elektriese kabels met sy lang lat bygekom het, het groot dele van die dorp vir dae lank in die donker gedompel.

Die Waterberg Residentia-aftreeoord, Puma-vulstasie, KFC tot by Standard Bank en huise in Van Riebeeck-, Limpopo-, Lilian Ngoyi- en Paul Krugerstrate se krag was af.

“Ons het aanvanklik gedink die skade is slegs op een plek in die kabel, maar nadat ons daaraan gewerk het, het ons besef dat die weerlig skade op verskeie plekke aangerig het,” het Marlene van Staden, burgemeester van LIM 368-munisipaliteit, gesê.

“Ons het besluit dit sal beter wees om die hele kabel te vervang om toekomstige probleme uit te skakel, eerder as om dit te las,” het sy gesê.

’n Nuwe sloot is in dié deel gegrawe en ’n nuwe 95 mm dikte kabel wat sowat 250 m lank is, het die oue vervang.

Volgens Van Staden het die koste digby R1 miljoen beloop.

Die ou kabel was volgens DA-raadslid Sarna Groenewald, in ’n boodskap aan inwoners, slegs 70 mm dik.

Die deel van die dorp wat sonder krag gelaat is in Ackermans se omgewing, was glo weens ’n boom wat die elektriese kabel platgeval het. Die krag is herstel nadat die lyn herbou is.

Bosveldsig, Gholfstraat, Vorster- en Smitstrate was  ook weer vir ’n ruk lank sonder krag.

Teen Vrydag, 2 Desember, was almal se krag weer aan.


veza-logo-2cAbove article as seen in the post news paper. If you want more information please click on link.  You can also follow GoVeza on Facebook or if you want to be part of us send us an email with your request to admin@goveza.com

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *