Ondernemings ly verliese


download

Ondernemings ly verliese

09 December 2016   l   Ronél van Jaarsveld

o_1b3fa31i91fd014lp1f1c14o21ll6q

Foto ter illustrasie.


’n Hardeware-winkel op Modimolle het op Saterdag, 3 Desember, erg onder inbrekers deurgeloop. 

’n Werknemer van Builders Discount het die nare ontdekking gemaak nadat hy op Sondag, 4 Desember, die onderneming oopgesluit en gesien het dat een van die rekenaarkaste wat by die kassiere staan, weg is. Hy het die eienaar geskakel.

Nadat hulle ondersoek by die onderneming ingestel het, het die werknemer en eienaar besef die hele stoorkamer en al die kantore is beskadig. Die diewe is weg met 20 rekenaars, een skootrekenaar, die kringtelevisie-kamerastelsel, twee DVD-stelsels met 16 kanale elk, twee groot kringtelevisie- monitors, twee eksterne hardeskywe, die netwerk-skakelaar en verskeie gereedskap en ander voorraad.

Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het die verdagtes toegang tot die gebou verkry deur die sinkplaat by een van die mure te sny. ’n Klag van huisbraak op ’n sakeperseel is geopen. Teen druktyd is niemand nog in hegtenis geneem nie.

* ’n Taverne in Uitbreiding 8 in Phagameng, Modimolle, het ook deurgeloop nadat agt verdagtes in die vroeë oggendure van Saterdag, 3 Desember, op hulle toegeslaan het. Volgens Findlay was die eienaar van die taverne, die 36-jarige John Abiso, en twee vroue werknemers op pad om huis toe te gaan toe hulle in hul Quantum-bussie oorval is.

Vier van die mans het na Abiso, wat bestuur het, se kant van die voertuig gegaan en die ander vier na die kant waar die twee vroue gesit het. Hulle het wapens op hulle gerig en geld geëis. “Abiso is beveel om op sy maag te gaan lê en is deursoek. Sy horlosie en selfoon is afgevat,” het Findlay gesê. Een van die verdagtes wat Abiso deursoek het, het hom glo voor die twee vroue in die bo-been geskiet.

Die aanvallers was teen druktyd nog op vrye voet.

veza-logo-2cAbove article as seen in the post news paper. If you want more information please click on link.  You can also follow GoVeza on Facebook or if you want to be part of us send us an email with your request to admin@goveza.com

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *