Twee beseer in ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat


Aangebied soos geskryf deur René Joubert, joernalis van die Highvelder:


Twee beseer in ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat

Personeel van die nooddienste op Ermelo is besig om die beseerde passasier van die wit Ford Icon wat Donderdag, 31 Januarie in ’n ongeluk betrokke was te behandel.

‘n Wit Ford Icon en Toyota Hilux bakkie was Donderdag, 31 Januarie in ‘n ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie het die bestuurder van die Icon en ‘n sewe-jarige dogtertjie wat saam met hom was, geringe beserings opgedoen.

Na bewering het die bestuurder van die Icon reguit in Kerkstraat gery en die bestuurder van die bakkie regs gedraai toe die twee voertuie bots.

Die Wit Ford Icon en Toyota Hilux bakkie wat Donderdag, 31 Januarie in ’n ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat betrokke was.


Link na volle berig: https://highvelder.co.za/74454/twee-beseer-ongeluk-op-die-hoek-van-kerk-en-joubertstraat/

share

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *