Ladies Circle en Suid-Afrikaanse Bloeddiens bied suksesvolle “Jail en Bail” aan


Presented as written by René Joubert, author at the Highvelder:


Ladies Circle en Suid-Afrikaanse Bloeddiens bied suksesvolle “Jail en Bail” aan

Personeel van die Hoëvelder het die Ladies Circle se jaarlikse “Jail en Bail” ondersteun wat Vrydag, 30 November plaasgevind het. Hier is me. Celeste Hatting reg om bloed te skenk.

Die Ladies Circle van Ermelo in samewerking met die Suid-Afrikaanse Bloeddiens, het Vrydag, 30 November hul jaarlikse “Jail en Bail” gehou.

Mense word in hegtenis geneem en gevonnis tot ‘n sekere aantal pinte bloed en sodra hulle dié aantal deur middel van vriende en kollegas ingesamel het, is hulle vry om te gaan.

Elke skenker het ‘n geskenk van die bloeddiens ontvang.

Die SANBS is ‘n nie-winsgewende organisasie wat slegs op die hulp van skenkers staatmaak.

Met die feesseisoen wat voorlê, is die aanvraag vir bloed hoër as gewoonlik en is dit ‘n uitdaging vir die bloeddienste om genoeg voorraad in te samel.

As u minste 50kg of meer weeg en tussen die ouderdom van 16 en 65 is, ‘n goeie gesondheid handhaaf, ‘n veilige seksuele leefstyl het en jou bloed as veilig beskou, rol jou moue op en gee die gawe van lewe gedurende die Kerstyd.

Een skenking kan ‘n verskil maak in die lewens van drie mense.


Link to full article: https://highvelder.co.za/72461/ladies-circle-en-suid-afrikaanse-bloeddiens-bied-suksesvolle-jail-en-bail-aan/

share

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *