Ermelo Hoërskool se atlete presteer by JJJ-atletiekbyeenkoms in Nelspruit


Aangebied soos geskryf deur René Joubert, van die Hoëvelder koerant:


Ermelo Hoërskool se atlete presteer by JJJ-atletiekbyeenkoms in Nelspruit

Ruan du Toit van Ermelo Hoërskool ontvang ‘n goue medalje in 400m seuns 0/16 tydens die JJJ-Atletiekbyeenkoms wat by Rob Ferreira in Nelspruit plaasgevind het. Hy het ook dié rekord met ‘n tyd van 0:50:53 verbeter (Foto: Verskaf)

Ermelo Hoërskool het die jaar goed afgesluit met die laaste atletiekbyeenkoms wat Saterdag, 27 Oktober by Rob Ferreira in Nelspruit plaasgevind het.

Tydens die JJJ-atletiekbyeenkoms het die Errie-atlete baie goed presteer en is gemotiveerd vir die seisoen wat voorlê.

Die volgende atlete behaal eerste plekke in hul onderskeie items:

Tiaan Grobler: Gewigstoot en 400m (0/14)
Amy Greyling: Gewigstoot (0/16)
Carla Ferreira: Spiesgooi (0/14)
Ruan du Toit: 400m (0/16)
Lana Herholdt: Hoogspring (0/15)
Ronél Jacobs: Skyfwerp (0/16)

Amy Greyling het die gewigstoot dogters 0/16 rekord verbeter met haar afstand van 12.99m.

Caylin Loock het die spiesgooirekord verbeter in die dogters 0/14-afdeling met 34.52m waarna Carla Ferreira dit weer verbeter het met ‘n afstand van 37.44m.

Ruan du Toit het die 400m seuns 0/16 rekord met ‘n tyd van 0:50:53 verbeter.

Na afloop van die byeenkoms, het Carla Ferreira die wisseltrofee vir Beste Junior Worpe Dogter ontvang, Lana Herholdt het die wisseltrofee vir Beste Junior Spronge Dogter ontvang en Caylin Loock het die wisseltrofee vir Junior Victrix Ludorm ontvang.

Caylin Loock, Carla Ferreira en Lana Herholdt is ingesluit in die Mpumalanga Atletiek-span om deel te neem aan die Sub-Youth Interprovincial Championships wat Saterdag, 24 November in Potchefstroom plaasvind.

Ruan du Toit van Ermelo Hoërskool ontvang ‘n goue medalje in 400m seuns 0/16 tydens die JJJ-Atletiekbyeenkoms wat by Rob Ferreira in Nelspruit plaasgevind het. Hy het ook dié rekord met ‘n tyd van 0:50:53 verbeter (Foto: Verskaf)


Link na volle berig: https://highvelder.co.za/71375/ermelo-hoerskool-se-atlete-presteer-jjj-atletiekbyeenkoms-nelspruit/

share

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *