Honour TUT student leader with free education – ANCYL

Article as seen in News 24 – for more information click on link.

2016-10-22 

download-1


Honour TUT student leader with free education – ANCYL

 

Johannesburg – The African National Congress Youth League (ANCYL) has expressed sadness at the death of Tshwane University of Technology student leader Lesego Benjamin Phehla, after he was killed when a car ploughed into protesting students.

“We call on our government to realise that the call and the implementation of free education is now urgent more than ever,” said national spokesperson Mlondi Mkhize in a statement on Saturday.

A number of students, including Phehla, sustained injuries and were taken to Dr George Mukhari Hospital, where Phehla subsequently died, after a driver lost control of his car and crashed into them.

The ANCYL has called for police to do a “thorough” investigation on the incident.

Mkhize also called for government to honour Phehla by declaring free and quality education.

Struggle 

Earlier, Young Communist League of South African national spokesperson Molaodi Wa Sekake said they were saddened by Phehla’s passing.

The organisation relied on him and other comrades to broaden access and redress in TUT and other institutions of higher learning, the YCL said.

“Our structures must continue to struggle for transformation of their institution because that’s what Cde Lesedi believed in. Comrade Lesedi knew that the call for free quality education for the poor is a mandate,” the spokesperson said in a statement on Saturday.

He called on all their members to unite and defend the struggle for quality education for the poor.

Higher Education and Training Minister Blade Nzimande also expressed his condolences.

“We have indeed learnt with sadness of the unfortunate passing of Mr Phehla, a student who was looking forward to a bright future as a professional. On behalf of the department and our government, we join President Jacob Zuma in passing our heartfelt condolences and sympathies to the family.”

Nzimande also called for calm and restraint from police and students after several students were injured when police fired rubber bullets at the University of the Witwatersrand.

Aardbewing tref Oudshoorn

Article as seen in Die nuus in Afrikaans Koerant – for more information click on link.

new4


Aardbewing tref Oudshoorn

cango-cavesDie Kango-grotte is gesluit na ‘n aardbewing omstreeks 08:20 vanoggend, 18 Oktober, in die Oudtshoorn-omgewing plaasgevind het. Die aardbewing het 3,5 op die Richterskaal gemeet. Gerard Otto, hoof van Eden-distriksmunisipaliteit se rampbestuur, het bevestig dat die trilling tot in George gevoel kon word. “Ek het aanbeveel dat die Kango-grotte gesluit word as ‘n voorsorgmaatreël,” het Otto gesê.

Vanuit De Hoek (Gamka) is ook bevestiging ontvang dat die aardbewing daar gevoel kon word. Otto het gesê hy wag vir bevestiging van enige skade en ook die punt van oorsprong van die aardbewing. Oudtshoorn lê op ‘n sogenaamde foutlyn wat deur George tot by die kusgebied strek.

Padongelukkefonds pleit bankrot, terwyl werkers luuks geakkommodeer word

Article as seen in Die Nuus in Afrikaans Koerant – click on link for more information.

new4


Padongelukkefonds pleit bankrot, terwyl werkers luuks

geakkommodeer word

 

1rafDie wiele van die Padongelukkefonds (POF) is besig om af te val. Die uitbetalings aan ongelukslagoffers is meer as wat dit ontvang uit die brandstofheffing elke maand.

En as die brandstofheffing verhoog moet word om die POF volhoubaar te maak, sal niemand kan bekostig om te ry. Dit was die sombere boodskap vandeesweek vanaf die POF se senior bestuurder, Chris Willemse.

Die R3 miljard wat dit maandeliks ontvang vanuit die brandstofheffing kan nie die eise wat maandeliks ingedien word dek nie. In Junie byvoorbeeld, beloop hierdie eise meer as R9,5 miljard.

Die primêre bron van inkomste vir die POF is ‘n heffing op brandstof, gemeet in sent per liter en wat jaarliks deur die Nasionale Tesourie bepaal word. Op die oomblik is die heffing 154 sent per liter brandstof.

Op die nuuskonferensie was gesê, dat die POF meer as R5 miljard bestee aan regskoste en R4,5 miljard op die kostes van lasbriewe vir eksekusie uitgereik teen hom vir betalings deur eisers.

Maar sy finansiële situasie het dit nie verhoed om werknemers van Pretoria na Kaapstad toe te vlieg vir die “media betrokkenheid sessie” en hul luukse akkommodasie by die 4-ster-Cape Town Lodge, naby aan die POF se kantore in die stad nie.

Betogings gaan voort by Tuks

Article as seen in Praag.co.za  – for more information click on link.

praag-embleemnuut_80


Effers dreig met groot betoging môre by Tuks

DSC01384

Volgens berigte gaan die EFF môre ‘n groot betoging voor die Universiteit van Pretoria hou. Die party het verklaar dat hy hom verset teen ‘n “’n minderheid wat kulturele, maatskaplike en alle ander fasette van universiteitslewe daar steeds oorheers”.

“Ons gaan ons lede oor Gauteng heen daarvoor mobiliseer,” sê die waarnemende provinsiale leidster van die party, Mandisa Mashego.

Dit mag tot konfrontasie lei, aangesien ‘n interdik wat die universiteit voorheen teen betogings in en rondom die kampus verkry het, steeds geldig is. By navraag van PRAAG, het Anna-Retha Bouwer, die universiteit se woordvoerder, gesê:

“Die EFF het by die Tshwane-metroraad aansoek gedoen om more om 10:00 met die optog voort te gaan, maar dit is nie toegestaan nie. Indien dit dus voortgaan, is dit onbeskerm. Die Universiteit het streng sekuriteitsmaatreëls in plek, asook goeie samewerking met die SAPD.”

Intussen het daar ook onenigheid onder die personeel van die Universiteit van Pretoria ontstaan nadat vier Effer-studente, wat voorheen geskors is omdat hulle geweld gebruik het, weer deur die rektor, prof. Cheryl de la Rey, tot studie toegelaat is. Lede van Solidariteit en die UP-werknemersorganisasie (UPWO) het dié besluit om die studente se skorsing op te hef, gekritiseer, maar is op hul beurt deur ‘n ander groep van 50 akademici veroordeel. In ‘n petisie het dié groep van 50 verklaar:

“Ons, die ondergetekende lede van die akademiese personeel van die Universiteit van Pretoria, ondersteun ons universiteit se besluit om daardie studente wat geskors is vir hul betrokkenheid by onlangse studentebetogings toe te laat om na die kampus terug te keer en om hul studies voort te sit, hangende die uitslag van hul tugverhore.”

Volgens die EFF, moet die Universiteit van Pretoria “gedekoloniseer” word. Mandisa Mashego sê:

“Ongelukkig dink swart Suid-Afrikaners dat dekolonisasie plaasgevind het as jy kan stem. Dit is nie (so nie). Dit is ’n diepgaande proses. Dit gaan oor ekonomiese eienaarskap, eiendomsreg en patrone van rykdom.

“’n Proses van dekolonisasie moet by die UP begin word, want ’n minderheid oorheers steeds kultureel, maatskaplik en alle ander fasette daar.”

Sy het ook gesê dat die party se studente “met burokratiese taktiek geboelie word” deur die UP, wat hom agter die ANC en Afriforum geskaar het”.

ABSA Klient se geld geteiken

Article as seen in Netwerk24 – for more information click on link.

02 Oktober 2016 00:00

download-2


Absa-kliënte se geld geteiken

***Miljoene rande se spaargeld is weg weens internet-slenters

Die Valke ondersoek die moontlikheid dat ’n sindikaat toegang tot Absa-kliënte se rekeninge verkry het en besig is om miljoene rande van hulle te steel.

Rapport is die laaste paar weke oorval met klagtes nadat ons berig het oor verskeie Absa-kliënte wie se rekeninge leeggesteel is deur skelms wat hul internet bankbesonderhede in die hande gekry het.

In al dié gevalle het Absa eenvoudig die skouers opgehaal en gesê die kliënte was nalatig en het hul persoonlike besonderhede uitgelap in “phishing-aanvalle” waar skelms jou geheime banknommer steel deur jou uit te lok om ’n vals webblad, wat net soos die bank s’n lyk, te gebruik.

Elke Absa-kliënt met wie Rapport die laaste paar weke kontak gehad het, ontken egter ten sterkste dat hulle ’n phishing-slagoffer was.

absa bank

AS GEO-PLASINGS NA BANKE SELF WYS, KAN DIT DEFINITIEF BETEKEN DIE TRANSAKSIES VIND BINNE DIE BANK SELF PLAAS – ÓF WEENS SPIOENWARE OP REKENAARS, ÓF KUBER­KRAKERS WAT TOEGANG TOT DIE STELSEL VERKRY HET.

’n Rapport-ondersoek het aan die lig gebring dat in een geval, waar ’n kliënt van R2 miljoen beroof is, die diefstal herlei is na ’n rekenaar met ’n IP-adres wat waarskynlik in Absa se hoofkantoor geleë was.

Tog het Absa geweier om verantwoordelikheid vir die diefstal te aanvaar en die kliënt slegs 50% vergoeding aangebied “as welwillendheidsgebaar”.

Die kliënt, wat nie haar naam genoem wil hê nie, dagvaar die bank.

Haar diefstalklagte by die polisie is een van 36 soortgelyke sake wat die Valke glo almal verband hou.

Die sake sluit in:

  • Die diefstal van R5,5 miljoen uit die Absa-rekening van ’n ouetehuis in Bloemfontein;
  • Die verdwyning van meer as R3 miljoen uit die Absa-rekening van ’n bejaarde vrou van Johannesburg; en
  • Nog een waarin R900 000 uit die Absa-rekening van die liefdadigheids­organisasie Tshwane North Outreach gesteel is.

In al dié gevalle is die geld na ’n ­Capitec-rekening oorgeplaas kort nadat ’n onregmatige SIM-ruiling op die slagoffers se selfoon gedoen is. ’n Ongemagtigde SIM-ruiling is wanneer skelms jou selfoon se SIM-kaart deaktiveer en met ’n nuwe een vervang sodat hulle die outomatiese boodskappe wat die bank na jou selfoon stuur om jou van enige transaksie te verwittig, kan onderskep.

Volgens Adrie Stander, ’n forensiese deskundige van Kaapstad wat self van die sake ondersoek het wat nou deur die Valke bekyk word, kan Absa in baie gevalle glad nie bewys dat die kliënte hul geheime nommers aan iemand anders gegee het nie.

’n Bron na aan die ondersoek sê die Valke vermoed dat die sindikaat wat op Absa-kliënte toeslaan in Nigerië of Amerika gesetel is en dat hulle moontlik toegang tot die bank se stelsel verkry het, of self mense binne die bank gewerf het.

Paul van de Haar, ’n kuberveiligheidskenner van KPMG, sê die geografiese plasing van IP-adresse is selde onakkuraat.

“As geo-plasings na banke self wys, kan dit definitief beteken die transaksies vind binne die bank self plaas – óf weens spioenware op rekenaars, óf kuberkrakers wat toegang tot die stelsel verkry het.” Hy sê dit is wel moontlik om IP-adresse bedrieglik voor te stel, sodat dit lyk of dit van ’n ander rekenaar kom.

Kenners meen ’n sindikaat sal waarskynlik ook medewerkers hê wat binne selfoonmaatskappye werk om die onregmatige SIM-ruilings moontlik te maak. Talle slagoffers met wie Rapport gepraat het, het gesê hulle het geen waarskuwing gekry dat ’n SIM-ruiling gaan plaasvind nie. Teen die tyd dat hulle opmerk dat hul fone nie meer aan die netwerk gekoppel is nie, was hul geld reeds gesteel.

Volgens ’n Vodacom-woordvoerder het hulle die afgelope boekjaar 416 klagtes oor bedrieglike SIM-ruilings gekry wat verband hou met aanlyn bankbedrog. Hy het nie geantwoord op ’n vraag hoeveel werknemers vervolg is weens onregmatige SIM-ruilings nie omdat dit kwansuis “vertroulik” is.

MTN sê SIM-ruilings word net gedoen tussen 07:00 en 20:00 en kliënte word per e-pos gevra om die versoek te bevestig.

Mark Heyink, ’n prokureur wat spesialiseer in inligtingveiligheid en wat kennis dra van bogenoemde sake, sê selfoondiensverskaffers volg nie altyd die regte prosedure wanneer SIM-ruilings gedoen word nie.

“Hulle skuil dan agter die feit dat die diefstal nie sou kon plaasvind sonder dat die kliënt se bankbesonderhede bekend was nie.”

’n Geval dus van Adam wat sê dis Eva en Eva sê dis die slang, want banke sê weer dis nie húl skuld nie, want daar het ook ’n SIM-ruiling plaasgevind.

Rapport se ondersoek het ook ’n ongemaklike lig laat skyn op die bankombudsman se totale onvermoë om slagoffers van dié soort bedrog by te staan.

Mense wat deurgeloop het onder die skelms sê die ombudsman aanvaar te geredelik banke se weergawe van gebeure sonder om sy eie ondersoek te doen.

Clive Pillay, die ombudsman, het selfs aan Rapport gesê dat hy geduld verloor met mense wat slagoffers van dié soort misdade is omdat hulle te liggelowig is en val vir elke bedrieglike e-pos.

Tog het hy geen forensiese vermoë om klagtes behoorlik te ondersoek nie en verlaat hom op banke se eie ondersoekwerk.

Banke se eie ondersoekwerk laat veel te wense oor, sê kenners.

“Banke se bewering dat hul stelsels onfeilbaar is en dat bedrog slegs kan plaasvind as kliënte hul bankbesonderhede uitleen, is eenvoudig onwaar,” sê Heyink. “Vir kliënte raak dit byna onmoontlik om hul onskuld te bewys omdat banke by magte is om inligting, soos besonderhede oor wie toegang tot die kliënt se rekening gehad het, te weerhou.”

In die korrespondensie wat Rapport gesien het, het Absa se regsverteenwoordigers botweg geweier om inligting aan kliënte oor hul eie rekeninge te verskaf omdat dit glo “onwettig” sou wees.

Ben Groenewald, ’n pensioentrekker van Bloemfontein wat R164 000 uit sy Absa-rekening verloor het, is een van die slagoffers wat weier om te gaan lê.

“Absa het my ’n 50% skikking aangebied indien ek stilbly oor die voorval. Is dit die etiese optrede wat jy van ’n bank verwag?”

Absa het Vrydag gesê hulle is bewus van die groot getal bedrogsake wat verband hou met bedrieglike SIM-ruilings, maar ontken dat iemand toegang tot hul stelsel verkry het.

“As dit die geval was, sou daar baie meer geld van meer kliënte gesteel gewees het,” sê Songezo Zibi, Absa-woordvoerder.

Hy sê geen bewyse kon tot dusver gevind word dat Absa-werknemers by dié transaksies betrokke was nie. Zibi hou vol dat die enigste manier hoe kliënte se geld gesteel kon word, is as hulle private inligting bekend gemaak het.

“Ons kan kliënte verseker dat ons alles in ons vermoë doen om te verseker hulle word nie slagoffers van ’n bedrogspul nie. Die bank bied ’n veilige stelsel om transakies uit te voer,” sê Zibi.

“Dit sluit in die inskripsie van PIN-nommers, wat beteken dat niemand binne die bank dit kan sien nie.

“Absa doen ook moeite om kliënte te waarsku teen die gevare van bedrog en verskaf veiligheidstoestelle en inligting op ons webtuiste. Maar kliënte is steeds nie bewus van hoe maklik ’n derde party toegang tot hul inligting kan kry nie.”

Absa sê hulle bied hul volle samewerking aan die polisie in enige strafregtelike ondersoeke.


* elaine.swanepoel@rapport.co.za
*
Lees ook die onderhoud met die ombudsman.